Rugby-legende JPR Williams groet vir altyd

Rugby: Die Walliese en Britse Leeus-legende, JPR Williams, het gesterf op die ouderdom van 74. Die heelagter was een van die uitblinkers van die Leeus-toer van 1974 in Suid-Afrika wat alles voor hom platgevee het en 21 van sy 22 wedstryde gewen het. Die laaste toets teen die Springbokke was gelykop. Williams het ook vir die Leeus gespeel in hulle toer in Nieu-Seeland in 1971. Hy het Wallis 55 keer verteenwoordig tot sy uittrede in 1981, waarna hy sy loopbaan as mediese dokter voortgesit het.