Tiere begin weer in Thailand floreer

Omgewingsbewaarders in die weste van Thailand vier die sukses van hul tierbewaringsprojek. Owerhede berig dat ‘n tierwyfie met twee welpies in die Salak Phra-wildbewaringsgebied opgemerk is nadat hulle die projek fyn gemonitor het. Die bewaringsbestuurder van die Panthera-organisasie se plaaslike tak, Rattapan Pattanarangsan, sê Thailand kan nou tiere teel. Hy sê die land se verbintenis tot bewaring werp nou vrugte af nadat tiergetalle oor die afgelope 12 jaar merkbaar toegeneem het.