Rugby: Haaie gepak met Springbokke teen Scarlets

Rugby: Die Haaie se direkteur van rugby, Neil Powell, kon uit ʼn volledige groep kies en het ʼn span gelaai met Springbokke aangewys om die Scarlets môre in Wallis te pak. Die Springbok-kaptein Siya Kolisi voer die span aan wat ʼn Springbok-voorry met Ox Nche, Bongi Mbonambi en Thomas du Toit insluit, en Eben Etzebeth in die tweede ry. In die agterlyn speel Jaden Hendrikse, Lukhanyo Am en Makazole Mapimpi.