Rugby: Griekwas wen Dr. Hage Geingob-trofee

Die Dr. Hage Geingob-trofee 2022 is deur die Windhoek Draught Griekwas-rugbyspan gewen toe hulle die Windhoek Draught Welwitschias met 33-18 geklop het. Die Griekwas het halftyd met 19-13 teen die Welwitschias op die Hage Geingob-stadion in Windhoek voorgeloop. JC Nel van die Griekwas is as die speler van die wedstryd aangewys. President Hage Geingob het ook die wedstryd bygewoon en sy trofee aan die wenspan oorhandig.