Politieke kenner verwelkom oop kontraktering in Namibië

‘n Politieke kenner verwelkom die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se artikel oor die potensiaal vir oop kontraktering in Namibië om korrupsie te voorkom. Wêreldwyd is daar toenemende druk vir groter deursigtigheid en aanspreeklikheid in staatsbesteding, veral in die konteks van die bekamping van korrupsie. Die instituut sê oop kontraktering moet veral fokus op die ontginningsbedrywe, mynbou en petroleum. Dit ondersoek die sektor se gereedheid om deursigtigheid te verbeter met betrekking tot die publikasie van mynbou- en petroleum-ooreenkomste, kontrakte en lisensies. Dr. Ndumba Kamwanya sê aan Kosmos 94.1 Nuus manipulering vind veral in dié sektore plaas.