Rugby: Faf is gereed om losskakel vir Bokke te speel
Rugby: Springbok-afrigter Jacques Nienaber sê hy het vier skrumskakels in sy Wêreldbeker-groep van 33 gekies omdat hulle veelsydigheid met die spankeuse bied. Die beseerde losskakel Handré Pollard is nie ingesluit nie, maar is wel deel van ʼn bystands-groep. Nienaber het Faf de Klerk, Jaden Hendrickse, Grant Williams en Cobus Reinach as sy vier nommer neges aangewys. Williams kan ook vleuel speel en Nienaber het verras deur aan te dui De Klerk kan op losskakel waarneem. De Klerk sê hy sal gereed wees indien hy gevra word.