Rugby: Bulle span talle Springbokke teen Stormers in

Rugby: Jake White het volwaardig munt geslaan uit die Bulle se Springbok-spens en die meeste van hulle ingesluit vir vanaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-derby teen die Stormers in Kaapstad. Nasionale spelers soos Kurt-Lee Arendse, Canan Moodie, Embrose Papier, Cornal Hendricks en Elrigh Louw is in die opdrafspan, met Ruan Nortjé as kaptein. Dit sal die eerste kragmeting tussen die tradisionele aartsvyande wees sedert die Stormers die Bulle in die eindstryd van die vorige seisoen verslaan het. Afskop is vanaand kwart oor sewe.