Rugby: Bulle klop Haaie

Rugby: Die Bulle het ‘n aanslag in die tweede helfte weerstaan om ‘n bonuspunt-oorwinning van 24-20 in ‘n Curriebekerwedstryd teen die Haaie in Durban te behaal. Die vleuel Sibongile Novuka het ‘n driekuns vir die besoekers in ‘n slordige wedstryd behaal. Die Haaie moes tevrede wees met ‘n verloor-bonuspunt. Vanmiddag verwelkom die Westelike Provinsie die Cheetahs in Kaapstad terwyl die Pumas in Welkom teen die Griffons te staan kom. Môre meet die Leeus en die Griekwas kragte in Johannesburg.