Meerderderheid sterftes op Middellandse See is Afrikane

Meer as 64 persent van vanjaar se sterftes op Middellandse See-migrante roete was Afrikane. ‘n Rekord-aantal mense het Europese Unie-lande op onwettige roetes probeer bereik. Dit het uitgeloop op ‘n rekord-aantal sterftes sedert 2017, volgens syfers van die Internasionale Organisasie vir Migrasie. Die sentrale Middellandse See-roete, wat meestal gebruik word deur mense wat van Noord-Afrika af oorsteek na Italië, het 28 000 van die aankomste oor die see uitgemaak.