Rugby: Bulle klop Connacht

Rugby: Die Bulle het hulle onoorwonne wegspring in die Verenigde Rugbykampioenskap voortgesit met ‘n bonuspunt-oorwinning van 28-14 oor die Ierse span, Connacht, in Pretoria. Die skrumskakel, Zak Burger, het twee van die Bulle se vier drieë gedruk. In Wallis het die Leeus ook ‘n wenvertoning gelewer en Cardiff gisteraand met 31-18 geklop. Die span van Johannesburg het verlede week ‘n dramatiese oorwinning van 28-27 oor die Ospreys behaal. Die Stormers verwelkom Edinburgh om twee-uur vanmiddag in Kaapstad, terwyl die Sharks vanaand teen die Dragons in Newport, Wallis, speel.