Ruach Elohim-stigting hartseer oor nóg ‘n baba-storting

Die Ruach Elohim-stigting sê dit is hartseer dat nóg ‘n baba in die land weggegooi is. Die baba is deur ‘n lid van die publiek gevind toe dié na leë koeldrankblikkies in die asdrom gesoek het in ‘n munisipale asdrom in Schoemanstraat in Windhoek-Noord. Die ma wat geboorte geskenk het aan ‘n ten volle ontwikkelde baba, is onbekend en nog nie in hegtenis geneem nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ronel Peters van die stigting gesels wat hulpelose swanger vroue uitnooi om hulle te kontak.