Amushelelo glo in alleen-aanhouding

Die omstrede aktivis Michael Amushelelo en sy medebeskuldigdes Dimbulukeni Nauyoma en Inna Hengari se saak is tot 25 Augustus in die Katutura-landdroshof uitgestel. Die twee medebeskuldigdes is lankal uit op borgtog sedert hulle op Onafhanklikheidsdag gearresteer is, maar Amushelelo bly steeds in aanhouding. Volgens sy vrou, Julietta, is hy in alleen-aanhouding in die in die Windhoekse korrektiewe gevangenis. Sy het op sosiale media haar ongelukkigheid uitgespreek oor ander verdagtes wat tereg staan op ernstige misdade soos moord, verkragting, roof en dwelmhandel, wat daagliks borgtog kry.