Roxy en Grommet werk hard om hulle spesie te red

Die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad het die uitbroei van ‘n noordelike geelkuifpikkewyn-kuiken op die strand van die akwarium se pikkewyn-uitstalling aangekondig. ‘n Woordvoerder, Renee Leeuwner, sê die kuiken groei vinnig en is die vierde kuiken wat deur sy ouers, Roxy en Grommet, uitgebroei is. Leeuwner sê die noordelike geelkuifpikkewyn word as bedreig geklassifiseer, maar Roxy en Grommet probeer help om die probleem op te los: