Roudienste in Windhoek, op Rehoboth vir Quinton Diergaardt

Die roudiens van Quinton Diergaardt vind om half-sewe namiddag by die NG Kerk in Eros plaas. Vir inwoners van Rehoboth is daar môreoggend ‘n roudiens by die Rynse Moeder Gemeente-kerk op die dorp. Diergaardt is op 24 September in die Kaap oorlede aan brandwonde wat hy op 14 September in die nou beroemde Rehoboth-Tsumis vuur opgedoen het. Hy was ‘n jarelange vriend van Rehoboth se burgemeester, Enrico Junius, wat steeds in die Kaap behandel word vir erge brandwonde. Daar word berig dat Diergaardt, toe hy besef hy en sy vriend is omring deur vlamme, dat hy homself op Junius gegooi het om hom te beskerm. Hy word alom hiervoor vereer en word as ‘n held beskryf.