Rossmund-veiling: Inkumbi sê hy wag op prokureurs om te sê

Die hoof uitvoerende beampte van die Ontwikkelingsbank van Namibië Martin Inkumbi kon geen verdere inligting verskaf oor verlede week se reël 108-veiling van die Rossmund-gholfklub nie. Die bank het ‘n hofbevel bekom vir uitstaande skuld en volgens wat berig word, is die reserweprys vanaf net meer as 8 miljoen Namibiese dollar na 24 miljoen dollar opgeskuif. Daar was blykbaar ‘n aanbod maar, Inkumbi sê die bank se regsverteenwoordigers het nog aanduiding aan hulle gegee oor of die eiendom verkoop is of nie.