Kenner sê ANC en Swapo sal hom skaar by Rusland, en dis slegte nuus

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Suid-Afrikaanse Presidensie bevestig het dat President Cyril Ramaphosa ‘n gesant na die Verenigde State gaan stuur om die buurland se standpunt oor Rusland te bespreek. Geen besonderhede oor wie gestuur gaan word, is nog bekend gemaak nie. Suid-Afrika beskryf sy posisie in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne as neutraal, maar die ANC en Naledi Pandor, minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, het die ANC se steun aan Rusland verklaar. Kosmos 94.1 nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke kenner, prof Andre Duvenhage, gepraat oor wat Ramaphosa poog om te doen.

Duvenhage sê dat Swapo saam met die ANC hom sal skaar by die Kremlin.