Rössing-uraanmyn spog met beter as verwagte produksie

Die Rössing-uraanmyn in die Erongo-streek sê in sy jaarverslag dié myn wat al 45 jaar in produksie is, spog met beter as verwagte produksie. Rössing se besturende direkteur, Johan Coetzee, het gesê die uraanmyn het ‘n uitstekende jaar in 2021 gehad, rakende beide veiligheid en produksie, en hul 45ste bestaansjaar is herdenk. Hul beseringskoers is 0,29 teenoor die 0,31 van 2020, wat die beste in die geskiedenis van die myn is, het Coetzee gesê. Rössing het die regering 111 miljoen Namibiese dollar aan tantième-belasting betaal terwyl hy in 2021 sowat 2,3 miljard dollar aan plaaslike verkryging bestee het. Verder het die Rössing-stigting 14 miljoen dollar in plaaslike gemeenskapsprojekte belê.