Rössing bewaar N$331m vir Iran in dividende

Plaaslike berigte lui dat die dividend wat aan die Iranse regering verskuldig is as deel van sy 15 persent belang in die Rössing-uraanmyn, het tot ongeveer 331 miljoen Namibiese dollar gestyg. The Brief berig die Iranse regering, verteenwoordig deur die Iranian Foreign Investment-maatskappy, het in die 1970’s ‘n aktiewe aandeelhouer in Rössing geword maar, weens sanksies wat die land opgelê is oor kommer oor sy uraanverrykingsprogram, kon hy egter sedert Maart 2007 geen finansiële voordele ontvang nie. Die fondse wat aan Iran verskuldig is word volgens die myn se besturende direkteur Johan Coetzee in ‘n rekening onder die beheer van Rössing gehou. Die Iranse maatskappy het ook geen invloed op die myn se sake nie en geen materiaal word aan Iran verkoop of verskeep nie.