ANC-kabinet veroordeel verkoop van gesteelde skrootmetaal

Die Suid-Afrikaanse kabinet verwelkom ‘n verslag oor maatreëls wat ingestel is om diefstal en uitvoer van gesteelde skrootmetaal en koper te verminder. Dit sluit in dat kopers ‘n elektroniese bankrekord moet toon vir die skrootmetaal in hulle besit, asook die registrasie van voornemende verkopers. Daarbenewens moet aansoekers toepaslike belastingklaring toon en aankoop- en verkoopsinligting indien. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering veroordeel die verkoop van gesteelde skrootmetaal: