Roots-ontwikkeling gaan van krag tot krag

Appels is gewilde vrugte in Suid-Afrika en word regdeur die jaar verbruik. Verbruik gaan in 2022-23 met sewe persent toeneem tot 615 025 ton. As ‘n netto invoerder van appels, voer Namibië 8 000 ton appels per jaar in. Die Roots-ontwikkeling het egter die eerste kommersiële appelboord ooit in die geskiedenis van Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomon Kalondo, een van die vennote van Roots gesels wat sê die ontwikkeling bly groei. Hy deel die nuutste oor die ontwikkeling se appels, pekan-neute, asook hoenderboerdery.