Rooivlagdag én opperhoof-inhuldiging op Okahandja

Die Ovaherero-gemeenskap se kleurvolle Rooivlag-herdenking en die inhuldiging van dr. Hoze Riruako as die sewende Ovaherero-opperhoof vind die naweek plaas, hoewel die akademikus, professor Mutjinde Katjiua reeds in dieselfde posisie aangestel is. Die inhuldiging van dr. Riruako as opperhoof van die hoogs verdeelde Ovaherero Tradisionele Owerheid is beplan vir môre, en sal die Rooivlagdag-herdenking Sondag op Okahandja voorafgaan. Rooivlagdag is ‘n jaarlikse byeenkoms van die OvaHerero-gemeenskap om hul afgestorwe stamhoofde te herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Sam Kauapirura, gepraat…