Rooilynsaak terug in die hof

Die saak waar Job Amupanda poog om die rooilyn te verwyder kom vandag voor regter Shafimana Ueitele voor vir ‘n voorverhoor konferensie. Die Namibiese Landbou-unie is as respondent bygevoeg en staan die aansoek teen. Amupanda eis dat die veterinêre kordonheining verwyder word omdat dit teen boere in die noordelike kommunale gebied diskrimineer. Op 17 Mei 2021 het owerhede by Oshivelo vleis wat Amupanda op Omuthiya gekoop het, ingevolge die wet, gekonfiskeer. Tien dae later het hy die aansoek teen die regering en verskeie ander respondente in die hof gebring.