Ekonomie krimp, vervaardigingsindeks bly laag

Ekonomiese groei in Namibië sal volgende jaar krimp veral as gevolg van landbou wat nie so goed sal presteer nie. Namibië maak reeds jare lank staat op mynwese vir groei en onverwerkte, rou materiaal word uitgevoer. Daar word gejuig oor beleggings oor gas- en oliebronne maar die voordeel vir Jan Alleman is maar min. Kosmos 94.1 Nuus het met die PDM se skaduminister vir finansies, Nico Smit gepraat oor die land se steeds dalende vervaardigingsindeks.