Rooilyn: Vleisraad vra vir heffing vir instandhouding 

Die Namibiese Vleisraad sê hy het ‘n aansoek by die landbouministerie ingedien vir ‘n spesiale heffing om hom by te staan met die instandhouding van die veterinêre-kordonheining sowel as die Namlits-stelsel. So ‘n heffing sal ook inspeksies op plase moontlik maak sowel as toetse op uitvoerprodukte by die sentrale laboratorium vir veeartseny. Die raad sê hy het tot dusver 14,4 miljoen Namibiese dollar in die afgelope vyf jaar bestee op die instandhouding van die sogenaamde rooilyn. Om die heining heeltemal te rehabiliteer, sowel as die grens met Botswana, sal ‘n beraamde 75 miljoen dollar kos. Dieregesondheid was nog nooit so belangrik met die herhaalde uitdagings wat ons buurlande het met bek-en-klouseer.