Rooilyn-heining hou, Otjozondjupa nog vry van bek- en klouseer

Met bek-en-klouseer wat weer in dele van die Zambezi-streek uitgebreek het, het die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat sy streek nog siektevry is. Inwoners in die streek het pogings aangewend om die veterinêre kordonheining te herstel om te keer dat beeste in hul streek inkom. Weens die groeiende olifantbevolking in Otjozondjupa, het hulle uitdagings met heining wat deur olifante beskadig word. Hulle het egter by landbouverenigings aangeklop vir finansiële hulp om die probleem te takel.