Rooies weer vandag in die hof

Oudlanddros Walter Rooies Mostert sal weer vandag in die landdroshof verskyn. Dit kom nadat hy vroeër aangedui het hy sal die hoërhof nader omdat hy voet by stuk hou dat sy inhegtenisname onwettig was. Daardie aansoek het nog nie plaasgevind nie. Daar is 29 klagte teen hom en daar is medebeskuldigdes betrokke. Die staat beweer dat Mostert in 2012 ‘n Suid-Afrikaanse familie onwettige burgerskap laat bekom het deur vervalste dokumente in te dien en verder, dat hy in 2013, nog ‘n familie bedrieg het en meer as 340 000 Namibiese dollar uit hulle gemaak het. Sy drie medebeskuldigdes het hom na bewering gehelp om die dokumente en meer te bekom. Die aanklaer-generaal is tans besig om klagte teen Mostert se medesbeskuldiges, Joyline Kambutuku, Eveline Meroro en Salomo Joram te finaliseer en hulle saak kom weer op 3 Junie voor.