Rooies sê hulle wou hom vermoor, beampte verskyn oor sy ontsnapping

Die lid van die Namibiese polisie wat in hegtenis geneem in verband met die ontsnapping van oudlanddros en bedrogaangeklaagde Walter ‘Rooies’ Mostert, inspekteur Reinhold Nekavu sal vandag weer in die hof verskyn. Nekavu, 51, is by die Katutura-landdroshof gestasioneer en is aangekla van dwarsboming van die gereg en die bystand van ‘n gevangene om te ontsnap. Nekavu sal na verwagting vandag pleit na hy op 9 November verlede jaar sy eerste verskyning gemaak het. Hy het na wat beweer word, op 6 November verlede jaar vir Mostert by die Auas Hills-hospitaal, waar hy behandeling ontvang terwyl hy verhoorafwagtend is, afgelaai en sonder enige polisiebewaking daar gelaat. Mostert het pas in die hof verskyn en het daarna verdwyn. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus beweer daar was ‘n poging op sy lewe.