Rooies – polisie het nie leidrade nie

Walter ‘Rooies’ Mostert word nog gesoek, volgens die Namibiese polisie se bevelvoerder in die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson. Die voormalige landdros wat van bedrog aangekla word, het op 5 November spoorloos verdwyn nadat hy by die mediese fasiliteit by Auas Hills na ‘n hofverskyning afgelaai is. Basson sê daar is nie positiewe leidrade nie en die polisie doen ‘n beroep op die publiek vir inligting wat tot Mostert se inhegtenisneming kan lei.