Rooibos betaal R12,2m oor aan San- en Khoi-rade

Die Rooibosbedryf in Suid-Afrika het 12,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Nasionale Khoi-en-San-raad en die Suid-Afrikaanse San-raad betaal. Dit is die eerste ronde van ‘n ooreenkoms waarvolgens toegang en voordele gedeel word. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, Marthane Swart, sê ‘n heffing van 1,5 persent van die rooibosprys by die plaas se hek sal jaarliks in ‘n trust inbetaal word: