Rol van vroue in Namibië se 4IR onder die loep

Terwyl Namibië as ‘n land gerig is op die Vierde Industriële Revolusie, word daar bevraagteken hoe vroue ‘n rol in dié revolusie sal speel. Audrey Chanakira, ‘n ontwikkelaar van mobiele toepassings, sê vroue moet hulself in ‘n manlik-gedomineerde tegnologiebedryf posisioneer. Sy sê vroue kan sukses behaal deur ‘n loopbaan in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde te kies. Chanakira het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê jong meisies kan help om diversiteit, gelykheid en insluiting in die tegnologiebedryf te bevorder.