Mbumba se kantoor reageer skerp op berigte oor ‘jeug-kommentaar’

Die kantoor van die adjunk-president het skerp gereageer op berigte dat Nangolo Mbumba gesê het dat jongmense nooit verkiesings in die land sal wen nie. In ‘n verklaring deur Mateus Kaholongo, uitvoerende direkteur in die adjunk-president se kantoor sê inteendeel, Mbumba het gesê dat sommige jongmense stambondigheid beoefen terwyl ander op hulle beurt politieke partye stig vir spesifieke etniese groepe. Die mense, sê Mbumba, sal nooit verkiesings wen nie. Kaholongo sê verder dat Mbumba se rekord as ondersteuner van die jeug en hulle ontwikkeling nie bevraagteken kan word nie. Hy voeg by dat Mbumba geen datum van sy aftrede aan enigiemand verskuldig is nie.