Robbe-oes begin môre, 68 000 diere toegeken

Die Namibiese kabinet het 60 000 robwelpies en 8 000 bulle toegeken vir die opkomende rob-oesseisoen wat môre begin en op 15 November afsluit. Die oes van die diere is uiters omstrede maar, daar is geen ander manier om die diere te oes nie as gevolg van hulle ligte beenstruktuur. Bulle wat tot 6 ton weeg word met ‘n .22 geskiet. Die kwota is toegeken vir ‘n 70:30 vir die noordelike en suidelike kolonies in die land.