Robbe met valhelms samel te fraai data in

’n Rob met ’n valhelm met ’n antenna lyk dalk ongewoon, maar agt Weddell-robbe, elk met ’n moniteringstoestel op hul koppe, het Japannese navorsers gehelp om die waters onder die dik yslaag in Antarktika te ondersoek. Die robbe is vir ‘n navorsingsprojek tussen Maart en November 2017 – winter in Antarktika – toegerus met die kopgemonteerde geleidings-, temperatuur- en dieptesensors, wat wetenskaplikes in staat stel om waarnemingsdata, soos watertemperature en soutvlakke, in gebiede met uiters strawwe omgewingstoestande, te bekom. Projekleier Nobuo Kokubun het gesê sulke navorsing help wetenskaplikes om die diere se gedragspatrone en ekologie op te spoor. Die data toon dat een van hulle so ver as 633 kilometer van die kus van Japan se Showa-stasie in Antarktika af gereis het, terwyl ‘n ander tot ‘n diepte van 700 meter geduik het. Ander data dui ook aan teen watter temperatuur en soutvlakke seediere soos kril terugkeer.