Robbe in Wes-Kaap vrek van honger

Die Wes-Kaapse rampbestuurseenheid sê hy is bewus van berigte van dooie robbe in verskeie kusgebiede en ondersoek word ingestel. James-Brent Styan, woordvoerder van die provinsiale regering, sê die vrektes hou nie verband met voëlgriep nie maar eerder ‘n voedseltekort. Hy het lede van die publiek gemaan om nie die robbe te voer nie.