Riviere sak oor naweek
Die land se groot riviere het oor die naweek gesak. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het vanoggend ‘n watervlak van 1,37m aangeteken. Die Okavangorivier by Rundu neem af en bly laer as dieselfde tyd verlede jaar. Die watervlak vanoggend was 5,38m. Die Kunenerivier by Ruacana het vanoggend ‘n vloei van 301,1 kubieke meter per sekonde aangeteken. Die watervlakke by Blouputs en Sendelingsdrift aan die Benede Oranjerivier het 62cm en 50cm aangeteken.