Riviere bly bestendig
Die Okavangorivier by Rundu het effe gestyg en het vanoggend op 5,62m gevloei, volgens die Namibiese Hidrologiese Dienste. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het geen verandering getoon nie en is steeds op 1,65m. Die Kunenerivier by Ruacana vloei weer sterker teen 306,3 kubieke meter per sekonde, wat dubbel die vloei van dieselfde tyd verlede jaar is. Die Oranjerivier is steeds besig om te daal en het vanoggend 69cm by Blouputs gemeet.