Risiko’s van siektes verhoog tydens reënseisoen

Die Namibiese gesondheidsministerie waarsku Namibiërs om versigtig te wees by oorstroomde gebiede ná die onlangse kitsvloede in Windhoek. Die uitvoerende direktkeur in die ministerie Ben Nangombe, sê tydens die reënseisoen word higiëniese en sanitasiegevare in die gesig gestaar met ‘n verhoogde risiko’s van water-oordraagbare siektes, asook slang- en rotbyte. Die Khomas-streeksraad het vandag 500 000 watersuiwerings-tablette en 10- en 20-liter waterhouers ontvang wat aan kwesbare gemeenskappe oorhandig sal word.