Rishi vry vir Britse stemme

Rishi Sunak sê indien hy as die nuwe Britse eerste minister verkies word, sal hy teen die volgende verkiesing alle Europese Unie-wette, rompslomp en burokrasie wat steeds ekonomiese groei vertraag, skrap of hervorm. Hy sê hy is voor die 2016-referendum gewaarsku om nie Brexit te ondersteun nie omdat dit sy politieke loopbaan sou kelder. Sunak sê hy glo Brittanje is beter daaraan toe buite die Europese Unie omdat die land dan nie gekniehalter word deur sy burokratiese, lae-groei-ingesteldheid nie.