Rishi Sunak sê hy sal Putin straf

Een van die twee kandidate vir die leierskap van die Tories in Brittanje, Rishi Sunak, het beloof hy sal selfs verder gaan om die Russiese president, Vladimir Putin te straf as hy as eerste minister verkies word. Sunak het saam met sy teenstander, Liz Truss, aan ‘n televisie vraag-en-antwoord-sessie deelgeneem. Die meerderheid van die gehoor het Sunak gesteun en gesê hulle sal heel waarskynlik vir hom stem. Hy sê hy was ná Moskou se inval in Oekraïne verantwoordelik vir die strengste ekonomiese sanksies wat die wêreld nog ooit gesien het.