Rioolstorting gaan onverpoos aan

Probleme met water-infratruktuur in die buurland hou nie op nie. Die DA in Limpopo sê die Mopani-distriksmunisipaliteit se versuim om die reuse en voortdurende rioolstortings in die dorp op te los, is ‘n aanklag teen bestuur. Toesigbesoeke het groot probleme by beide die Leguan-pompstasie en die laaste mangat voor die Lugmagbasis aangedui. Die DA-lid, Marie Helm, sê die voortdurende besoedeling by die muur van die Hoedspruit-lugmagbasis is ‘n groot bekommernis.