Noord-Korea lanseer spioenasie-satelliet

Noord-Korea het sy eerste militêre spioenasie-satelliet suksesvol lanseer vanaf die Sohae satelliet-lanseerstasie. Dit volg ná twee vorige onsuksesvolle pogings vanjaar. Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, het toesig gehou oor die lansering en beweer die Malligyong-1 militêre verkenning-satelliet is nou in ‘n wentelbaan. Kim het ‘n verbintenis uitgespreek om binne ‘n kort tydperk nog satelliete te lanseer. Hierdie ontwikkeling is kommerwekkend aangesien dit Noord-Korea ‘n ongekende vermoë kan bied om die militêre bedrywighede van die Verenigde State en Suid-Korea te monitor.