Riool, eThekwini en strande weer (steeds) in die nuus

ActionSA in KwaZulu-Natal sê hy gaan voort met litigasie teen die eThekwini-metro, nadat hy die plan van aksie ontvang het oor die manier waarop hulle sal begin om beskadigde rioolinfrastruktuur te herstel. Die party se woordvoerder, Zwakele Mncwango, sê die beskadigde infrastruktuur stort miljoene liter rou riool in riviere wat na die see toe vloei. Hy sê hulle het nie vertroue dat die munisipaliteit in staat sal wees om die skade te herstel sonder ‘n hofbevel dat hulle aan die kwessies aandag moet gee nie: