Privaat-bewaringsprogram vir renosters uiters belangrik maar, onder erge druk

Die jongste wetenskaplike navorsing toon dat die bewaringsprogram van swart renosters onder privaat toesig regoor die land, moet aangepas word om te verseker dat die spesie oorleef. Privaat grondeienaars regoor die land het swartrenosters wat hulle namens die staat aanhou en bewaar, maar die program raak uitdagend met toenemende stropery. Die navorsing wat vanjaar in die vaktydskrif Frontiers in Ecology and the Environment gepubliseer is, toon dat minstens die helfte van die oorblywende Afrika-renosters word nou aangehou op private of gemeenskaplike grond maar die koste van beskerming renosters neem toe en die bewaringswaarde van die diere word nou bevraagteken. Die navorsers sê ‘n omgewing moet geskep word wat die aanhou van die diere op privaatgrond bevorder. Die kwessie van die bestuur van die renosterbevolking, wat handel, jag en bewaring insluit, moet konteks-spesifiek gemaak word. Namibië het steeds die grootste swartrenosterbevolking ter wêreld.