Riool by Hondeklipbaai – DA maak amok

Die DA in die Noord-Kaap het die Kamiesbergse munisipaliteit twee weke gegun om die ernstige afvalbestuursgebreke te herstel voor strenger stappe volg. Die gebreke sluit die storting van rou riool by ‘n stortingsterrein by Hondeklipbaai in. Esmé Hough van die DA sê die rou riool wat die munisipaliteit uit septiese tenke suig word by Hondeklipbaai gestort op ‘n plek wat voorheen as vullisterrein gebruik is: