Baldwin het nie fouteer op Rust-stel nie

Prokureurs vir die akteur Alec Baldwin sê hy is gevrywaar van enige oortredings in die ondersoek na die skietdood van rolprentfotograaf, Halyna Hutchins, op die stel van die fliek, Rust. Volgens ‘n verklaring was Baldwin, as vervaardiger, net verwantwoordelik vir teks aanpassings, en ander kreatiewe insette en het niks met die logistieke en ander reëling te doen gehad nie. Die ondersoek het bevind die produksiemaatskappy het geweet veiligheidsprosedures vir vuurwapens word nie gevolg nie. Hutchins is in Oktober verlede jaar dood toe Baldwin ‘n wapen afgevuur het nadat hy verseker is dis veilig. Nieu-Mexiko se buro vir beroepsgesondheid en -veiligheid het Rust Movie Productions met 2,1 miljoen Namibiese dollar beboet en sê die maatskappy was onverskillig oor werknemers se veiligheid.