Riool bedreig toekoms van Wêrelderfenisterrein: VF Plus
Die Vryheidsfront Pus in Gauteng sê munisipaliteite se roekelose houding teenoor wanfunksionele rioolbehandelingsaanlegte in die provinsie skep nie net ‘n gesondheidsgevaar nie, maar vernietig ook die ekostelsels in riviere. Amanda de Lange van die VF Plus sê die ongebreidelde rioolbesoedeling bedreig ook die toekoms van die Wieg van die Mensdom, ‘n Wêrelderefenisgebied. Sy voeg by diensleweringsmislukkings is die kern van die probleem.