Rietbok-wrak gevind, geen sameswering nie

Daar is “niks sinisters of vreemds” omtrent die Rietbok-vliegramp van 1967 nie, sê vlieënier Wouter Botes. Botes het dié vliegtuig se wrakstukke in die see naby Kayser-strand, sowat 35 kilometer van Oos-Londen, opgespoor en sê hulle benodig sowat 500 000 Suid-Afrikaanse rand om die vliegtuig na die oppervlak te bring. Die vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens het op 13 Maart 1967 suid van Oos-Londen oor die see neergestort en al 25 mense aan boord is dood. Daar was ‘n fout met die lesing in verband met die hoogste van die vliegtuig. Botes gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor sy soektog.

Die sameswering teorieë het gekom omdat die voorsitter van die Broederbond Johannes Bruwer en die Amerikaanse anti-apartheids-aktivis Audrey Rosenthal aanboord was. Botes besweer ook die samesweringsteorieë.