Ride the Ridges was ‘n reuse-sukses

Die Ride the Ridges bergfietswedren, wat deur PSG en die Capricorn-groep aangebied is, was ‘n reuse-sukses. Die geleentheid het Vrydag begin en Sondag klaargemaak en 33 persent meer inskrywings is in die tweede jaar van die geleentheid ontvang. Alle inskrywingsfooie is aan die Gondwana Care Trust geskenk met ‘n tjek van 20 000 Namibiese dollar wat oorhandig is. Cycletec se Patrick de Goede, een van die organiseerders, sê dit was onvergeetlik.