Richelieu Eagles sien uit na driehoekige eendagreekse op eie bodem  

Die Namibiese krieketspan, die Richelieu Eagles, sien uit na die twee komende driehoekige eendag-reekse wat die naweek in Windhoek afskop. Die reeks teen Papoea-Nieu-Guinee en Amerika begin Saterdag en duur tot 26 November. Kort op die hakke daarvan sal Skotland en Nepal in Namibië aankom vir eendagkrieket van 1 tot 8 Desember. Die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, Johan Muller gesels met Kosmos 94.1 Nuus.