Richelieu Eagles kwaifiseer vir T20 Wêreldbeker!

Die Richelieu Eagles het vir die IKR T20 Wêreldbeker-toernooi gekwalifiseer wat volgende jaar in Amerika en die Wes-Indies aangebied sal word. Die Eagles het dit reggekry nadat hulle reeds vyf wedstryde in die T20 Afrika-kwalifiserende reeks gewen het, en Donderdag hul laaste wedstryd gaan speel teen Nigerië. Kosmos 94.1 Sportnuus het met die president van Krieket Namibië, Rudie van Vuuren, gepraat wat die span en afrigters gelukwens.